We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Sink - Single

by Helmut Meijer

supported by
/

about

SINK (Afrikaans)

16-bit, 44.1 kHz .WAV

"Sink" was gebore in 2019 in Stellenbosch, in 'n baie moeilike seisoen... minwetend dat binne weke my dokter die streep in die sand sou trek met my loopbaan as Musiekvervaardiger.

Deur COVID-19 is meeste mense deur soveel hel, en moes hulle van soveel wat normaal was, afstand doen, dat "Sink" weer verreis het.

Natuurlik is daar hoop! Maar dikwels is wat ons voel, net dat ons sink...

"Sink" artikuleer ons moeilike woorde, maar is verpak in 'n ligte en opbouende 80's "synthpop" klank wat herinner aan A-Ha, The Weeknd, Sia en David Guetta..

lyrics

SINK

in die donker lê ek en staar na my skerm
ek wonder hoe dit sou wees in ’n ander tyd

in die donker nag lê ek en dink aan my vrede
ek wonder wie ek kon wees in ’n ander stryd

daar’s soveel wat my wakker hou
daar’s soveel wat my vas laat klou

ek sink!
die waters lyk vlak maar
ek sink!
dit lyk of ek speel in die branders
maar die water is anders

ja, ek ek sink!
met ’n skare wat toekyk
ek sink!
as iemand my hoor en kom uithaal
sal die storie verander

in die donker lê ek en wonder oor môre
daar’s soveel wat gebeur en ek het geen beheer

in die oggend wonder ek oor alles van die donker
daar is dinge waardeur ek moet wroeg; ek kan net dit dink dat

[koor]

hoe kan ek nog wonder?
hoe bly ek verwonderd?
ek steek my hand uit
ek’s heeltemal uit asem...

ek sink!
die waters lyk vlak maar
ek sink!
dit lyk of ek speel in die branders
maar die water is anders

ja ek ek sink!
reg voor die ander
ek sink!
mens sal dink dat ek nou reeds beter weet maar

[herhaal koor]

credits

released June 30, 2021
Geskryf, Gesing, Vervaardig en Gemeester deur Helmut Meijer

Omslagontwerp: Lukas de Beer

Publisiteit: Starburst Promotions

(C) 2021 Helmut Meijer Music administered by Active Music Publishing (Pty) Ltd.

license

all rights reserved

tags

about

Helmut Meijer | Signature Series Stellenbosch, South Africa

HELMUT MEIJER is a Multi Award-Winning Music Producer, Composer & Singer/Songwriter based in Stellenbosch, South Africa.

Helmut owns the boutique production company, Helmut Meijer Music and co-owns StoneBear & Mayor Music - a Film Music Collective and Indie Record Label.

He holds a Master of Philosophy degree in Music Technology (cum laude) from the University of Stellenbosch (2004).
... more

contact / help

Contact Helmut Meijer | Signature Series

Streaming and
Download help

Report this track or account

Helmut Meijer | Signature Series recommends:

If you like Sink - Single, you may also like: