We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Mamma

from Abba by Frieda van den Heever

/

lyrics

Jy was helemal te vroeg en net betyds
want jou ma was moeg van haar eie ways iets in my moes sterf sodat jy kon wees
iets in my is bang, want jy is sonder vrees
En elke môre herinner jy my uiter jy die Woord in my sonder woorde
deurboor jou oë my siel
Mamma, jy spook te veel en jy dink te veel
en jy rook te veel
en jy drink te veel
en jy koop te veel
en jy hardloop te veel Mamma, voel jy jy’s te min?
Mamma, jy ruik te min en jy lag te min en jy duik te min en jy wag te min
en jy stop te min vir ’n asem in
Voel die lewe vir jou te veel?
Douvoordag as jy roep en ek hoor “Mamma, Basjan is wakker!”
is jy reg vir jou volgende avontuur: Wat is nou? En waar is hier?
Dan hoor ek vir ’n wyle voëls wat sing die nuwe tyding wat die dagbreek bring tot ’n dringende ding
my gedagtes binnedring
en ek reeds die toekoms inspring
Mamma, jy spook te veel en jy dink te veel en jy rook te veel en jy drink te veel
en jy koop te veel
en jy hardloop te veel
Mamma, voel jy jy’s te min?
Mamma, jy ruik te min enjylagtemin enjyduikteminenjywagtemin en jy stop te min vir ’n asem
trek hom in en blaas hom uit Kyk die druppels teen die ruit!
Met jou klein lyfie
en jou kort kuifie
en jou niks neerskryf nie Laat jy my ruik, wysneus my hoor, grootoor
my sien, pikanien
Mamma, kan ons buite gaan in die son gaan staan
sit ’n liedjie aan
kom ons dans gou saam voor jy aan moet gaan
met jou hardloopbaan
waarvan Basjan niks verstaan.
Is jy orraait, Mamma?
Kom ons vlieg kite, Mamma
Jy sal sien dat ons niks kan verdien, Mamma soos die voëls en die blomme van die veld, Mamma sonder goud en goed en geld.
Daar is niks waaroor hul frons en swoeg
Hulle weet: Genade is genoeg.

credits

from Abba, released January 13, 2021
Lyrics and Music by Frieda van den Heever

license

all rights reserved

tags

about

Helmut Meijer | Signature Series Stellenbosch, South Africa

HELMUT MEIJER is a Multi Award-Winning Music Producer, Composer & Singer/Songwriter based in Stellenbosch, South Africa.

Helmut owns the boutique production company, Helmut Meijer Music and co-owns StoneBear & Mayor Music - a Film Music Collective and Indie Record Label.

He holds a Master of Philosophy degree in Music Technology (cum laude) from the University of Stellenbosch (2004).
... more

contact / help

Contact Helmut Meijer | Signature Series

Streaming and
Download help

Report this track or account

Helmut Meijer | Signature Series recommends:

If you like Helmut Meijer | Signature Series, you may also like: